Leraarspaar
Dries en Lydia Nel.
Dries en Lydia Nel het hulle bediening amptelik by Logos Baptiste begin aan die einde van 2022 deur ‘n beroep te aanvaar, nadat hulle saam met die emeritus leraar van Rietfontein Baptiste Kerk, Ds. Jannie en Heloise van der Hoven van 2020 hulp verleen het as ouderlinge.
Dries was opgeneem as leraar deur die Afrikaanse Baptiste Kerke in 2013 na sy graduering by Rosebank Bible College, asook na-graadse studies by Auckland Park Teologiese Seminarium, en eventueel by die Baptiste Teologiese Seminarium in Kempton Park.
Lydia het Dries ontmoet in 1990, is getroud in 1991,toe sy na haar Hoër Onderwys Diploma by Goudstad, en Drama Lisensiaat by Rand Afrikaanse Universiteit, ook twee jaar Teologie by Rosebank Bible College gestudeer het.
Dries en Lydia is reeds sedert 1993 in verskeie bedienings betrokke, maar is eers in 2016 as ‘n Baptiste herderspaar beroep, waarvan hulle van 2016 tot 2022 bedien het as paar by Vanderbijlpark Baptiste. Dries is ‘n uit-die-diens-getreede SA Polisie kapelaan met relatief baie bewese ervaring in pastorale berading asook ontlonting (trauma berading).
Lydia as oud pre-primere onderwyseres spesialiseer in die ontwikkeling en lering van die kleuters en die jeug.(ECD: Early child development).
Daar is ook ‘n fokus by albei op sending, veral onder Chinese en Moslems. Dries se studie by Rosebank Bible College was “mission major”. Die egpaar het ook saam met SIM(Sudan Interior Mission) na die Moslems in Lenasia uitgereik.

Lydia Nel onder leiding van Dries beharting die Kinderkerk met fenominale passie en kreatiwiteit
