Geloofsbeleidenis

 

In ’n Bybelse Assosiasie van Christen gemeentes wat ons verskeidenheid wil handhaaf, bemagtig en vier, is dit noodsaaklik dat ons baie duidelik moet uitspel wat dit beteken om ’n Bybelse Christen te wees. Om leraars toe te rus om hul gemeentes te lei tot geestelike volwassenheid. Kol 1:28-29

Hersiening van geloofsbelydenis

Hersien deur die werkgroep soos aangestel deur die A.B.K. Algemene Jaarvergadering te Kroonstad op 4-6 Maart 2024
Die werkgroep, deel hiermee die vrug van ons werk van die afgelope maande in die vorm van ‘n voorgestelde nuwe geloofsverklaring vir die ASSOSIASIE VAN BYBELSGEDREWE KERKE IN SUID-AFRIKA: (ABKSA). Dit was ‘n voorreg om deel te wees van so ‘n belangrike saak. Met die oog op die stigting van ’n nuwe Assosiasie vertrou ons dat die voorgestelde belydenis vir ons gemeentes tot hulp sal wees.
“… Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.” (1 Tim.3:15). [1983-vertaling]
“…. die kerk van die lewende God, wat ‘n pilaar en fondament van die waarheid is” (1Tim 3:15) [1953-vertaling]

Wat glo ons oor

 Die Heilige Skrif (Skrifbeskouing)

Ons Glo:
(1) dat die Skrif in sy oorspronklike vorm uit die 66 boeke van die Ou- en Nuwe Testament saamgestel is;
(2) dat die Heilige Gees van God die skrywers geïnspireer en beïnvloed het, sodat hierdie geskrifte die Woord van God is;
(3) dat die Skrif, as gevolg van die Goddelike oorsprong en inspirasie van sy woorde geloofwaardig en foutloos is in alles wat dit verklaar en bevestig;
(4) dat hierdie Skrifdele (die Ou- en Nuwe Testament) die volledige en finale openbaring van God aan Sy kinders is.
(5) dat elke direkte vertaling wat getrou is aan die oorspronklike geskrifte, en wat met verantwoordelikheid verklaar is, duidelik die waarhede openbaar wat nodig is vir ons redding: ’n Godvresende lewenstyl en volwassenheid in Christus;
(6) dat die Skrif alleen ons genoegsame, finale en hoogste gesag in alle geloof-sake en -praktyke is;
(7) dat sogenaamde teenstrydighede tussen vertalings en Bybelboeke deur die Skrif self verdedig en verklaar word; en
(8) dat geen ander geskrifte, visioene, drome en sogenaamde profesieë die plek van die heilige Skrif in die prediking en openbaring aan die gemeente mag vervang nie.

1) Rom. 3:2; Matt. 5:18; Luk. 24:27; Openb. 22:18-19; Deut. 4:1-2; Spr. 30:5-6
2) 2Pet. 1:19-21; Luk. 1:70; Hand. 1:16; Hand. 3:18; Ef. 6:17; Hebr. 3:7
3) Joh. 10:35; Joh. 17:17; 2Tim. 3:16-17; Joh. 14:26
4) Matt. 24:35; Rom. 3:2; Hand. 7:38; 1Kor. 9:8-10; 1Kor. 4:6; Deut. 4:1-2; Spr. 30:5-6; Openb. 22:18-19
5) 2Tim. 2:15; 2Pet. 3:16; Hand. 17:11; 2Pet. 1:3-4; Ps. 19:8-15
6) Judas 1:3; Luk. 16:29-31; Matt. 4:1-4; Mark. 7:9-13; Rom. 15:4
7) 2Tim. 2:15; 2Pet.1:20-21
8) Jer. 23:28; 2Tim. 3:16-17; Judas 3; 2 Kor. 4:2-5


Klik hier om die volle Geloofsbeleidenis te lees